top of page

Welkom by Projek

Anker Punt

Geloof in Aksie

Die Afrikaanse Protestantse Kerk Hoedspruit bevind hom tans op ’n keerpunt in die lewe van die gemeente.

Oor die afgelope paar jaar het die gemeente van ongeveer 120 lidmate tot meer as 420 gegroei. Hierdie groei is iets waarvoor ons diep dankbaar is.

Afrikaanse Protestantse Kerk Hoedspruit

DIE REALITEIT

Dit bring egter ook ’n werklikheid mee wat nie langer geïgnoreer kan word nie.

Ons huidige kerkgebou kan slegs ongeveer 250 persone akkommodeer. Op ’n Sondagoggend beteken dit dat nie almal saam kan aanbid nie - iets wat die hart van ’n gemeente raak.

ONS SYFERS

420

Huidige Lidmate

250

Huidige Kerkgebou Sitplekke

800

Beplande Sitplekke

NA DEEGLIKE OORWEGING EN GEBED HET ONS DIE VOLGENDE BESLUIT

OM 'N NUWE KERKGEBOU OP TE RIG

ONS VISIE

Meer oor Projek Anker Punt

Hierdie besluit word nie gedryf deur aansien of sigbaarheid nie, maar deur ’n eenvoudige en ernstige roeping: om die Here te eer en sy Woord getrou te verkondig - nou en vir die geslagte wat kom. Ons strewe is om ’n ruimte te skep waar die Woord sentraal bly, waar mense saam kan kom, en waar ’n geestelike tuiste gevestig word wat blywend van waarde sal wees.

Hierdie ontwikkeling staan ook nie op sy eie nie. Hoedspruit self het oor die afgelope jare merkbaar gegroei. Met die uitbreiding van toerisme, landbou en nuwe residensiële ontwikkelinge het die gemeenskap aansienlik uitgebrei. Soos die dorp groei, groei die behoefte aan vaste, betroubare ankerpunte -plekke waar waardes gevorm en versterk word. Ons glo dat die kerk een van daardie ankerpunte is.

Hoewel hierdie projek uit die behoeftes van ons gemeente spruit, is dit nie slegs tot ons lidmate beperk nie. Die kerk funksioneer binne die gemeenskap en dra daartoe by. Plaaslike besighede stel mense aan wat deel is van hierdie gemeente - mense wat gevorm word deur waardes soos integriteit, verantwoordelikheid en toewyding. In dié sin raak die werk van die kerk nie net die Sondag nie, maar ook die week - nie net die individu nie, maar die gemeenskap.

HIERDIE PROJEK IS NIE BLOOT ’N BOUPROJEK NIE

Dit is ’n belegging in iets wat nie maklik gemeet kan word nie, maar wat onmiskenbaar waarde het: die geestelike en morele fondament van ’n gemeenskap.

Afrikaanse Protestantse Kerk Hoedspruit

SKENK NOU

Maak 'n Verskil

EFO


AFR PROTESTANTSE KERK HOEDSPRUIT

FNB

63214484402

250655

bottom of page